My familie blog kan ook gevolg word by: http://stemmet.beta.ancestry24.com/
Ek weet maar weinig min van die Stemmet’s af, maar kom ek begin wat ek weet van die Stemmet’s, dalk is daar iemand daar buite wat kan help om die “gaps” te vul.
Kom ons begin eers by my. My naam is Elizca Stemmet. Elizca is ‘n samestelling van Elizabeth Catariena. Ek het ook ‘n broer genaamd Paul Stemmet.
My moeder is Susanna Johanna Koegelenberg en is gebore in Piketberg. Haar ma en pa was onderskeidelik Elizabeth Catariena Brand en Johannes Christiaan Koegelenberg en het destyds geboer op Wapadsvlei, ‘n Swartland plaas geleë tussen Moorreesburg en Hopefield.
Maar ek sal graag meer wil weet van die Stemmet’s, was ons ooit deel van die Voortrekkers….en nog baie meer!
My pa is Nikolas Andries Spreeth Stemmet (Ek sal in latere blog vertel hoekom die naam Nikolas is en nie Nicolaas is nie) en is gebore in Montaqu. Sy ouers was Adamus Paulus Stemmet en sy ma was Hester Alleta de Waal Spreeth, en het destyds in Wellington gebly.. Hy het 2 pare tweelingsusters (volgens my lyk hulle al 4 dieselfde) en het ook ‘n ouer broer Adolf, ook bekend as Dolf. Toe my pa in sy twintigs was het sy ouers nog ‘n dogter, Pauline aangeneem.
Ok, so dit is ‘n kort opsomming van my familie, volgende blog sal ek die “skinderstorie” vertel hoekom my pa Nikolas heet en nie Nicolaas nie.
Tot volgende keer!
Nie eens familie van Johan Stemmet van Noot-vir-noot nie? Dan kon ek jou nou gegroet het!
Man, hy’s blykbaar my pa se klein neef of iets……..Ek sal bietjie verder navorsing moet doen. My kennis van die Stemmet’s is maar baie limited!
Hi,
My ma was Sophia Christina Visser (Stemmet) – van Montagu se wereld af. Ek het n oom Paul Stemmet(sy vrou tant Malie)gehad wat op Rooshoek in Wellington geboer het. Hy het n broer Frans gehad wat in Franshoek gebly het. Oom Frans is die pa van Francois Stemmet die akteur ?? en sy dogter Estie bly huidiglik op Velddrift.
Ken jy die mense?
@ Johan
Sjoe, die wêreld is klein! Die oom Paul en tannie Malie waarvan jy praat is was) my ouma en oupa, hulle het 7 kinders, my pa is is die 2de jongste…Nikolas Andries Spreeth Stemmet wat nou in Langebaan bly!
Elizca,
Dis inderdaad n klein wereld – my een broer se naam is Adamus Paulus Stemmet Visser!
Ons het n plek in St Helena Baai. Stuur jou pa se kontak details vir my – ek en my vrou gaan nog hier wees vir n maand of ses voordat ons weer na ons ander plek naby Komatipoort gaan.