Ahhh….some pics taken on Saturday at the Fan Park in Cape Town (Grand Parade)!
AWESOME
Here is some screenshots of the two sites that I manage. (The book site is busy with development, so new layout should be ready in the next week or two.)
My navorsing en webwerf het self in 2010 op die Weg webwerf verskyn!
Oorspronklike artikel op die wiki.
Van my artikels het ook op Nuus24 se fokus area verskyn soos:
Die AWB se nuwe leier; Steyn von Ronge:
Vanwaar die Vuvuzela?
En ook Andries Bekker:
Hier onder is ‘n artikel wat ek vir die Klasgids bymekaar gesit het rakende my Geskiedenis Projek:
Skryf jou plaaslike geskiedenis soos dit gebeur
Na vele besoeke aan skole was dit duidelik dat daar nie genoeg navorsingsbronne vir leerders is rondom die nuwe geskiedenis van Suid-Afrika nie. Die uitgewer van die boek Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika / New History of South Africa (2007) onder redakteurskap van proff. Hermann Giliomee en Bernard Mbenga het twee web-inisiatiewe geloods wat aan hierdie behoefte voorsien.
Dit blyk ook uit gesprekke met leerders dat geskiedenis dikwels as vervelig gesien word. Die wiki gee leerders die geleentheid om interaktief betrokke te raak by geskiedenis deur:
Voordele vir onderwysers sluit in:
Verdere moontlikhede:
Gereelde vrae wat gevra word:
Vraag: Hoekom die geskiedenis opteken? Is daar nie al genoeg boeke oor die onderwerp geskryf nie?
‘n Boek is ‘n statiese dokument, ‘n greep uit die geskiedenis soos gesien op daardie gegewe tydstip deur, in hierdie geval 32 redakteurs en medeskrywers. Die SA Geskiedenis Wiki-projek is ‘n poging om die geskiedenis van gister, maar ook soos dit vandag ontvou, op die web vas te lê vir die nageslag.
So is ‘n platform geskep wat alle Suid-Afrikaners (oud en jonk) kan gebruik om die geskiedenis op meer dinamiese wyse op te teken. Ons dek geskiedenis in die breedste sin en verwelkom spesifiek hiper-plaaslike brokkies soos die geskiedenis van ‘n dorp, skool, instansie, plaas of selfs familie.
Vraag: Wat maak die SA Geskiedenis-Wiki anders?
Die andersheid lê in die wiki-konsep. Gebaseer op die baie gewilde Wikipedia – ‘n digitale wêreld-ensiklopedie geskryf deur die breë publiek – is die doel van die SA Geskiedenis-Wiki om alle Suid-Afrikaners die geleentheid te gee om hul land se geskiedenis self by te werk. Onbeperkte ruimte word beskikbaar gestel om alle moontlike inligting op te laai en toe te laat dat die breë gemeenskap (die publiek, in teenstelling met ‘n handvol akademici) kollektief aan die skryf van die geskiedenis kan deelneem.
Ons wil leerders en die wyer publiek aanmoedig en uitnooi om die webruimte (http://wiki.nuwegeskiedenis.co.za) te besoek en oor enige onderwerp waarvan hulle iets weet, iets te skryf. Dit kan foto’s, videos en oudio-opnames insluit. Dit kan dalk net ‘n ou vergete en vergeelde foto van oupagrootjie op die Vrystaatse slagveld wees rondom die draai van die vorige eeu, of ‘n meer onlangse video-opname van die familiesaamtrek op die historiese familieplaas met die Kaaps-Hollandse opstal in die agtergrond, of ‘n wit-en-swart skoolfoto van 40 jaar gelede waarop die jong, toekomstige president van Suid-Afrika in sy skooluniform verskyn.
Elke Suid-Afrikaner kan potensieel ‘n bydrae lewer om die grote tapisserie van die land se geskiedenis te weef.
Vraag: Hoe weet ek of my (familie) bydrae histories belangrik genoeg is om op te teken of dat dit vir ander mense belangrik is om te weet?
Daar is soveel gebeure en materiaal en mondelinge oorvertellings wat vir die nageslag verlore sal gaan as dit nie opgeteken word nie. Kyk maar wat David Kramer vir die nageslag versamel het met sy plattelandse musiek-inisiatiewe. Daar is soveel stories wat nog opgeteken moet word. Dit is die soort ambisies wat die Wiki-projek koester. ‘n Voorbeeld van so ‘n artikel is die geskiedenis van Limietrivier Plaas, ‘n mondelingse vertelling wat gedokumenteer en op wiki as artikel geplaas is.
Wiki-geskiedskrywing is dus ‘n baie dinamiese en opwindende omgewing waaraan elkeen kan deelneem.
Vraag: Julle is al enkele maande aan die gang. Het die mense al begin skryf?
Ons het in die eerste paar maande deur die gebruikspatrone op die Wiki agtergekom daar is ‘n groot behoefte by skole aan geskiedenisinhoud op die web, veral in Afrikaanse skole. Baie leerders besoek die boek-webruimte vir inligting, maar deesdae ook al meer die Wiki om inligting te bekom oor meer resente sake, soos bv. die Wêreldbeker-Sokkertoernooi, die Heropbou- en Ontwikkelingsbeleid, die Wieg van die Mensdom of die Tulbagh-aardbewing. Dis nie iets waaroor jy in amptelike geskiedenisboeke gaan lees nie. Daar is ‘n groot leemte in die mark en ons sal dit probeer vul met die hulp van die publiek.
Weekend has come and gone and still no luck with work, but at least I had a wonderful weekend.Whoop whoop! (And I got my engagement ring back after the one stone fell out after just 4 days of wearing it)
On Friday I bought myself a new toy…the Lenovo i3 I have been playing on it the whole weekend and super excited. Bought it from Chaos Computers and have to say 10 out of 10 for service from them!
On Saturday I was part of the 300 000 people in Cape Town at the Fanpark for the soccer…GO GERMANY! Took the train in from Brackenfell train station and back! The vibe was AWESOME and I feel lucky to have been part of the 2010 Soccer World Cup!
Today I’m back in the office, have to say strange to sit here and being reminded that I use to be full time here and now only contract… I guess on the positive side I’m only working 3 days a week now, thus MORE TIME to play with my new baby!
Kommentaar