Posts Tagged ‘Afrikaans

05
Jul
10

My Sites

Here is some screenshots of the two sites that I manage. (The book site is busy with development, so new layout should be ready in the next week or two.)

Wiki:

Wiki Home Pge

Deki: (Currently using Mind Touch Software)

Deki Home Page

20
Aug
09

Die Troue

My ouers, Nikolas en Susan is getroud op 11 Desember 1971 in Moorreesburg 18h00 die aand, en hierdie is ‘n storie op sy eie, aangesien hulle bietjie “te modern” was vir daardie jare, en veral vir die tradisionele Swartland mense van daardie tyd.

Eerstens die bekende storie hoekom my pa Nikolas heet en nie Nicolaas heet nie. Sien, so het mens blykbaar (ek sal nie weet nie, ek’s nog nie getroud nie) mens se geboortesertifikaat nodig as jy die dag trou. My liewe vader s’n was “missing in action” dus moes my oupa Paul weer vir my pa gaan registreer, maar kon ongelukkig nie sy regte spelling vir sy naam onthou nie en registreer hom toe as Nikolas. Oupa se redenasie; dit maak mons nie saak hoe dit gespel is nie, so lank dit dieselfde klink. (Dit verduidelik dus ook waar ek my spel vermoë vandaan gekry het)

Iedergeval terug na die “omstrede troue”. Sien my ma, tot vandag toe, wil altyd anders wees, dus het sy in 1971 besluit haar troue sal pers wees, met pers rokke, pers blommerangskikkings (Agapantus vir die tafels en orgideë vir die handruikers). en selfs pers skoene. My ma se rok was lilac en haar blommemeisies se rokke pers (soos in donker pers). Al die rokke was self gemaak deur haar ma, Ouma Bettie. Ouma Bettie het wel gesorg dat die trourok darem nie te pers is nie, en sonder my ma se wete ‘n ekstra deurskynende witlaag materiaal oor die lilac pers gesit sodat die pers nie te opmerkend is nie.

By die kerk aangekom sien die “ou mense” dat die jonger gardes nie hoede aan het as hulle in die kerk is nie, en destyds in Moorreesburg was dit verskriklik. Jy MOET ‘n hoed dra as jy in die kerk is.

So nou trek ons al by ‘n pers troue en kerkgangers sonder hoede….wat kan nog gebeur?

Wel… Die predikant was J.A.J Kriek en vanaf die preekstoel het hy gewaag om vir my pa te sê “Stemmet, jy mag nooit met Susan baklei nie wat ons mense van Hopefield is baie lief vir haar.” My pa se ma, Ouma Malie, was ietwat ontstoke hieroor, want “hoe kan ‘n predikant waag om dit van ‘n preekstoel af te sê? Dis nie gepas nie”.

My Oupa Jan (my ma se pa) was ‘n baie vriendelike man en het sommer besluit om nog so paar “ekstra mense” na die onthaal te nooi. Sien, die onthaal was gehou op Wapadsvlei in die skuur en Ouma Bettie het die spyseniering gedoen, so wat maak ‘n paar “ekstra mensies” nou saak? Die gevolg van hierdie “ongenooide genooide gaste”? Daar was partytjie gehou op die plaas soos net Afrikaners partytjie kan hou. Stel dit so, daar was so partytjie gehou dat teen die tyd wat my ouers die onthaal verlaat het (en hulle is self lief vir kuier) om hul eerste aand as getroude paar in Seepunt te gaan spandeer, was hulle die eerste mense wat die troue verlaat.

En waarmee was my Oupas en Ouma’s besig tydens die troue?
* “Jou Oupa Paul was lief vir praat, so hy was seker besig om met die gaste te gesels”
* “Oupa Jan was besig om nog ekstra mense, sonder uitnodigings te nooi na die onthaal”
* “Ouma Bettie was besig om die kosse reg te kry vir die onthaal”

Ek sluit af met die wyse woorde van Ouma Malie wat sy vir my ouers gegee het die dag van hul troue: “Moet nooit kwaad saans gaan slaap nie.”

20
Aug
09

Die fandamily

My familie blog kan ook gevolg word by: http://stemmet.beta.ancestry24.com/

Ek weet maar weinig min van die Stemmet’s af, maar kom ek begin wat ek weet van die Stemmet’s, dalk is daar iemand daar buite wat kan help om die “gaps” te vul.

Kom ons begin eers by my. My naam is Elizca Stemmet. Elizca is ‘n samestelling van Elizabeth Catariena. Ek het ook ‘n broer genaamd Paul Stemmet.

My moeder is Susanna Johanna Koegelenberg en is gebore in Piketberg. Haar ma en pa was onderskeidelik Elizabeth Catariena Brand en Johannes Christiaan Koegelenberg en het destyds geboer op Wapadsvlei, ‘n Swartland plaas geleë tussen Moorreesburg en Hopefield.

Maar ek sal graag meer wil weet van die Stemmet’s, was ons ooit deel van die Voortrekkers….en nog baie meer!

My pa is Nikolas Andries Spreeth Stemmet (Ek sal in latere blog vertel hoekom die naam Nikolas is en nie Nicolaas is nie) en is gebore in Montaqu. Sy ouers was Adamus Paulus Stemmet en sy ma was Hester Alleta de Waal Spreeth, en het destyds in Wellington gebly.. Hy het 2 pare tweelingsusters (volgens my lyk hulle al 4 dieselfde) en het ook ‘n ouer broer Adolf, ook bekend as Dolf. Toe my pa in sy twintigs was het sy ouers nog ‘n dogter, Pauline aangeneem.

Ok, so dit is ‘n kort opsomming van my familie, volgende blog sal ek die “skinderstorie” vertel hoekom my pa Nikolas heet en nie Nicolaas nie.

Tot volgende keer!

09
Jul
09

Tyd hardloop weg – opsomming

Waar vlieg die tyd heen? Ek kan nie glo ek het so lanklaas ietsie gepost nie. Dinge gaan deesdae woes by die werk en by die huis, en as mens weer sien is dit naweek, en as mens dan weer kyk is dit al Maandag.

Paar goedjies vandat ek laas geskryf het:

  1. Ek het genoeg gehad van die Dr stakings. Ja, hulle werk in moeilike en halglike omstandigehede (maar so ook baie mense in ons land.) Ja hulle het hoë studieskuld, maar genoeg is genoeg en ek is bly hulle almal is weer terug by die werk, alhoewel daar nog gekla word oor die pakette. Maar op daardie nood…interns wat staak vir ‘n hoër salaris? The mind boggles.
  2. Op daardie noot. Ek het vanoggend na Gareth Cliff op 5Fm geluister en ek moet heelhartig met hom saam saam stem. GENOEG IS GENOEG met al hierdie stakings. Elke week is daar iemand nuuts wat staak. Suid-Afrika is in ‘n resessie..werk IS skaars. En om ‘n werk te hê is nie ‘n reg nie maar ‘n voorreg!
  3. Oja…en my moer lelik gestrip vir iemand wat die gesê het  “onnies is volop en elke aap kan een word.” of sy ander statement “Hoekom word ek nie ‘n onderwyser nie? Who trained the trainer is die vraag!! en dan nog my favourite aanhaling “Se asb vir hulle dat ek noem hulle ape. Those who cant do, teach. Those who cant teach become estate agents. Punt.” Net vir die rekord, die persoon wat dit als kwytgeraak het sit al vanaf November 2008 sonder werk…
    Nou van die wat my ken sal weet dat beide my onderwysers ouers was, en dank die vader hulle is uit die onderwys uit. Ek verstaan nou hoekom hulle altyd gesê het onderwysers word nie waardeer nie. En ek sal ook nie vir mense wou skool gee wat se opinie is dat enige aap kan skool gee nie..maar wag. Voor ek myself weer vererg…
  4. Baie lekker “cool” en “funky” ontwikkelinge by http://www.nuwegeskiedenis.co.za en http://wiki.nuwegeskiedenis.co.za…watch this space!
  5. Ook by http://www.willeklong.co.za moet julle ogie oor hou..weereens, watch this space.
  6. My pa se bokser, Eva, bly die afgelope tyd by ons (saam met by 2 Basetts) en dinge gat woes daar. Beste voorbehoedmiddel EVA…die 3 honde is uitputtend!
  7. Ek mis my maatjies, het julle al agter gekom dat die lewe soms weg hol met jou en jy kontak verloor met jou vriende, nie omdat jy wil nie, maar wees omstandighede. Soggens is jy by die werk as dit nog donker is en die res van die wêreld snooze en saans, by die tyd wat jy by die huis kom, is jy so moeg al wat jy wil doen is neerval. (Nie dat die 3 wilde wragtags by die huis dit toelaat nie.) Ek mis my maatjies ne moet ‘n daadwerklike poging aanwend om hulle meer te sien…

So, in kort, is dit ‘n opsomming wat die afgelope tyd deur my koppie (baie deurmekaar koppie) gegaan het!

Sjoe

19
Jun
09

Historiese Fotos

Vandag is ek besig om ou historiese fotos te souce vir my deki (http://www.nuwegeskiedenis.co.za) en ek moet bieg ek kom op die strangest fotos af.

Seriously mense, is dit net ek of lyk ons voorvaders effens scarry?  Kom ek wys ‘n paar voorbeelde vir julle, dan kyk julle, wat julle dink.

Johannes van der Kemp

Johannes van der Kemp

Johannes was ‘n sendeling van die Londense Genootskap in 1801 plus, maar vir my lyk hy meer soos ‘n afstammeling van Dracular…jammer, maar dis hoe dit vir my lyk.

Lord Charles Henry Somerset

Lord Charles Henry Somerset

Mr Somerset…gans te veel hare en make-up…need I say more?

Olive Schreiner

Olive Schreiner

Nie alleenlik was Olive Schreiner ‘n gesiense skrywer tydens die Anglo Boereoorlog nie, maar ook een SCARY dame! (NS..love die perm)

Mense, so kan ek aangaan en aangaan, dis baie fun, maar in dieselfde asem moet ek ook sê, maak nie saak hoe scary ons voorvaders was nie, hulle het nog steeds gesorg dat ons een kick ass land het en daarvoor sê ek baie baie dankie.

Vir meer pics gan gerus na http://wiki.nuwegeskiedenis.co.za of http://www.nuwegeskiedenis.co.za, ongelukkig, weensverstaanbare redes kan ek nie my eie kommentaar van die fotos daar op laai nie.

19
Jun
09

Die vriende ketting

Ok, ek dreig al lank om hierdie artikel te skryf…in fact dis al lankal geskryf, net nou eers besluit om dit op te laai.

Sien, vriende is wonderlike goed, hulle laat jou beter voel, beur jou op en het lekker fun saam met jou, maar vriende het ook ‘n negatiewe invloed op jou lewe. En nee, ek bedoel nie van die wal af in die sloot help met peer pressure nie.  Ek praat van mooiweersvriende, pals wat nie meer tyd maak vir jou nie, vriende wat een keer in 6 maande jou kontak, en dan is dit om te hoor of jy nie golden products by hulle wil koop of geld aan een of ander kindjie skenk in Egipte of something nie…

Ons almal het hulle êrens in jou adresboek.  Eers is hulle ‘beste maatjies’ van jou.  Ek bedoel, hulle loop jou drumpel deur. Jy’s die beste ding since slice bread. Julle doen alles 9ok nie alles nie, maar meeste van alles saam).  Dan sonder enige rede, kry jy nie meer die smsé nie, die oproepe word minder en jou drumpel word minder deur geloop.

Hou jy aan moeite doen? Hou jy aan mey bel, mail, facebook?




Verskillende dinge op die blog

Ou Goed

E-pos

 

Junie 2012
M T W T F S S
« Jul    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 4 other followers


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.