Posts Tagged ‘Geskiedenis

05
Jul
10

My Sites

Here is some screenshots of the two sites that I manage. (The book site is busy with development, so new layout should be ready in the next week or two.)

Wiki:

Wiki Home Pge

Deki: (Currently using Mind Touch Software)

Deki Home Page

05
Jul
10

Geskiedenis nie boring nie

Hier is nog ‘n artikel rakende my Geskiedenis Projek wat in Jip verskyn het in 2009

05
Jul
10

Klasgids Artikel

Hier onder is ‘n artikel wat ek vir die Klasgids bymekaar gesit het rakende my Geskiedenis Projek:

Skryf jou plaaslike geskiedenis soos dit gebeur

Na vele besoeke aan skole was dit duidelik dat daar nie genoeg navorsingsbronne vir leerders is rondom die nuwe geskiedenis van Suid-Afrika nie. Die uitgewer van die boek Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika / New History of South Africa (2007) onder redakteurskap van proff. Hermann Giliomee en Bernard Mbenga het twee web-inisiatiewe geloods wat aan hierdie behoefte voorsien.

  • Die boek is nou in volledig soekbare formaat op die web beskikbaar by www.nuwegeskiedenis.co.za – die boek se inhoud word ook hier bygewerk deur kundiges met die oog op ‘n toekomstige hersiening daarvan.
  • ‘n Webwerf in die vorm van ‘n wiki (wiki.nuwegeskiedenis.co.za) is geskep om aan alle Suid-Afrikaners die geleentheid te gee om die land se geskiedenis te (her)skryf.

Dit blyk ook uit gesprekke met leerders dat geskiedenis dikwels as vervelig gesien word. Die wiki gee leerders die geleentheid om interaktief betrokke te raak by geskiedenis deur:

  • navorsing aanlyn te doen;
  • eie geskrewe werk op die internet te laai en só meer genoegdoening te kry;
  • aktief deel te neem aan die skryf van die geskiedenis van Suid-Afrika;
  • terselftertyd Nuwe Tegnologie te leer en hul rekenaarvaardigheid uit te brei;
  • en hulle taalvaardigheid te beoefen.

Voordele vir onderwysers sluit in:

  • Die Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika boek wat gratis beskikbaar is aanlyn, en ten volle soekbaar. Dit is ‘n baie goeie navorsing bron vir onderwysers, wat hulle in die klasse kan bied vir leerders.
  • In plaas van opstelle op papier wat uiteindelik weggegooi word, kan leerders gemotiveer word om goed-nagevorsde artikels te skryf wat in goeie geselsskap op die internet verskyn;
  • Die wiki bied onderwysers die kans om geskiedenis meer interaktief en vermeng met “cool” tegnologie aan te bied.

Verdere moontlikhede:

  • Laat die klas as span navorsing doen oor die dorp / voorstad / skool ens. se geskiedenis. Leerders kan onderhoude voer met beamptes, mense in huise vir bejaardes ens. Foto’s kan opgelaai word ter illustrasie.
  • Take wat reeds deel uitmaak van die leerplan kan verpak word vir die wiki en deur die span opgelaai word. Verskillende individue kan vir verskillende komponente verantwoordelikheid neem, bv. navorsing, skryf, taalversorging.
  • Laat ‘n kort video (sommer op ‘n selfoon indien nodig!) maak oor ‘n monument of geskiedkundige gebou / gebeurtenis in jou area en laai dit op.

Gereelde vrae wat gevra word:

Vraag: Hoekom die geskiedenis opteken? Is daar nie al genoeg boeke oor die onderwerp geskryf nie?

‘n Boek is ‘n statiese dokument, ‘n greep uit die geskiedenis soos gesien op daardie gegewe tydstip deur, in hierdie geval 32 redakteurs en medeskrywers. Die SA Geskiedenis Wiki-projek is ‘n poging om die geskiedenis van gister, maar ook soos dit vandag ontvou, op die web vas te lê vir die nageslag.

So is ‘n platform geskep wat alle Suid-Afrikaners (oud en jonk) kan gebruik om die geskiedenis op meer dinamiese wyse op te teken. Ons dek geskiedenis in die breedste sin en verwelkom spesifiek hiper-plaaslike brokkies soos die geskiedenis van ‘n dorp, skool, instansie, plaas of selfs familie.

Vraag: Wat maak die SA Geskiedenis-Wiki anders?

Die andersheid lê in die wiki-konsep. Gebaseer op die baie gewilde Wikipedia – ‘n digitale wêreld-ensiklopedie geskryf deur die breë publiek – is die doel van die SA Geskiedenis-Wiki om alle Suid-Afrikaners die geleentheid te gee om hul land se geskiedenis self by te werk. Onbeperkte ruimte word beskikbaar gestel om alle moontlike inligting op te laai en toe te laat dat die breë gemeenskap (die publiek, in teenstelling met ‘n handvol akademici) kollektief aan die skryf van die geskiedenis kan deelneem.

Ons wil leerders en die wyer publiek aanmoedig en uitnooi om die webruimte (http://wiki.nuwegeskiedenis.co.za) te besoek en oor enige onderwerp waarvan hulle iets weet, iets te skryf. Dit kan foto’s, videos en oudio-opnames insluit. Dit kan dalk net ‘n ou vergete  en vergeelde foto van oupagrootjie op die Vrystaatse slagveld wees rondom die draai van die vorige eeu, of ‘n meer onlangse video-opname van die familiesaamtrek op die historiese familieplaas met die Kaaps-Hollandse opstal in die agtergrond, of ‘n wit-en-swart skoolfoto van 40 jaar gelede waarop die jong, toekomstige president van Suid-Afrika in sy skooluniform verskyn.

Elke Suid-Afrikaner kan potensieel ‘n bydrae lewer om die grote tapisserie van die land se geskiedenis te weef.

Vraag: Hoe weet ek of my (familie) bydrae histories belangrik genoeg is om op te teken of dat dit vir ander mense belangrik is om te weet?

Daar is soveel gebeure en materiaal en mondelinge oorvertellings wat vir die nageslag verlore sal gaan as dit nie opgeteken word nie. Kyk maar wat David Kramer vir die nageslag versamel het met sy plattelandse musiek-inisiatiewe. Daar is soveel stories wat nog opgeteken moet word. Dit is die soort ambisies wat die Wiki-projek koester. ‘n Voorbeeld van so ‘n artikel is die geskiedenis van Limietrivier Plaas, ‘n mondelingse vertelling wat gedokumenteer en op wiki as artikel geplaas is.

Wiki-geskiedskrywing is dus ‘n baie dinamiese en opwindende omgewing waaraan elkeen kan deelneem.

Vraag: Julle is al enkele maande aan die gang. Het die mense al begin skryf?

Ons het in die eerste paar maande deur die gebruikspatrone op die Wiki agtergekom daar is ‘n groot behoefte by skole aan geskiedenisinhoud op die web, veral in Afrikaanse skole. Baie leerders besoek die boek-webruimte vir inligting, maar deesdae ook al meer die Wiki om inligting te bekom oor meer resente sake, soos bv. die Wêreldbeker-Sokkertoernooi, die Heropbou- en Ontwikkelingsbeleid, die Wieg van die Mensdom of die Tulbagh-aardbewing. Dis nie iets waaroor jy in amptelike geskiedenisboeke gaan lees nie. Daar is ‘n groot leemte in die mark en ons sal dit probeer vul met die hulp van die publiek.

19
Jun
09

Historiese Fotos

Vandag is ek besig om ou historiese fotos te souce vir my deki (http://www.nuwegeskiedenis.co.za) en ek moet bieg ek kom op die strangest fotos af.

Seriously mense, is dit net ek of lyk ons voorvaders effens scarry?  Kom ek wys ‘n paar voorbeelde vir julle, dan kyk julle, wat julle dink.

Johannes van der Kemp

Johannes van der Kemp

Johannes was ‘n sendeling van die Londense Genootskap in 1801 plus, maar vir my lyk hy meer soos ‘n afstammeling van Dracular…jammer, maar dis hoe dit vir my lyk.

Lord Charles Henry Somerset

Lord Charles Henry Somerset

Mr Somerset…gans te veel hare en make-up…need I say more?

Olive Schreiner

Olive Schreiner

Nie alleenlik was Olive Schreiner ‘n gesiense skrywer tydens die Anglo Boereoorlog nie, maar ook een SCARY dame! (NS..love die perm)

Mense, so kan ek aangaan en aangaan, dis baie fun, maar in dieselfde asem moet ek ook sê, maak nie saak hoe scary ons voorvaders was nie, hulle het nog steeds gesorg dat ons een kick ass land het en daarvoor sê ek baie baie dankie.

Vir meer pics gan gerus na http://wiki.nuwegeskiedenis.co.za of http://www.nuwegeskiedenis.co.za, ongelukkig, weensverstaanbare redes kan ek nie my eie kommentaar van die fotos daar op laai nie.




Verskillende dinge op die blog

Ou Goed

E-pos

 

Junie 2012
M T W T F S S
« Jul    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 4 other followers


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.