Kom ek begin met die “basics”. Waar kom Stemmet vandaan? Die volgende inligting het ek in die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters (12) gevind rakende die Stemmet’s. En, baie opgewondenheid vandag, dink ek het die Stemmet gevind waarvan ek afkomstig is (sien b9), nou net om terug te werk en kyk of dit regtig so is!
Stamvader:
Johannes Fredericus Stemmet van. Amsterdam, provinsie Holland, Nederland, glasmaker, gebore ongeveer 1760 en sterf 5 April 1830
* 26 Junie 1785: Johannes Fredericus Stemmet trou met Johann Helena Janse (onbekende afkoms)
* 15 Julie 1792: Johannes Fredericus Stemmet trou, vir die tweede keer, met Johanna Petronella Sadie (gedoop 29 Januarie 1769 en sterf 12 Augustus 1833)
Kinders uit Eerste huwelik:
b1 Johannes Fredericus:
* Gedoop in Kaapstad, 13 Augustus 1786.
b2 Susanna Dorothea:
* Gedoop op 27 Julie1788
* Trou in Kaapstad met Johannes Stephanus Malan op 16 Mei 1813.
Kinders uit Tweede huwelik:
b3 Maria Johanna Geertruyda:
* Gedoop 12 Mei1793
* Trou in Kaapstad met John Brown op 17 Februarie 1823.
b4 Anna Carolina Magdalena:
* Gebore op 28 September 1794 (nie seker of dit geboorte of doop datum is nie)
b5 Johannes Frederik:
* Gedoop in Kaapstad, 25 Februarie 1798
b6 Jacobus Johannes:
* Gedoop in Kaapstad ,5 Januarie 1800
b7 Johan Wilhelm:
* Gedoop in Kaapstad, 18 Oktober1801
* Sterf in Rietvallei, in Montaqu Distrik, 30 Oktober 1886
* Trou in Swellendam met Martha Elizabeth Swanepoel op 4 Februarie 1827.
b8 Jacobus Johannes:
* Gedoop in Kaapstad, 13 Januarie 1805
b9 Adamus Paulus:
* Gebore in Kaapstad, 6 Augustus 1806
* Gedoop in Kaapstad, 24 Augustus 1806
* Sterf ongeveer in 1845
* Trou in Kaapstad met Barendina Elizabeth Magdalene Rykheer op 7 Maart 1830.
b10 Johan Albrecht:
* Gebore, 16 Januarie 1809 Kaapstad
* Gedoop 22 Januarie 1809
* Beroep: leerlooier
* Trou in Swellendam met Hester Johanna Swanepoel op 24 Julie 1843.
b11 Johanna Petronella:
* Gebore op 23 November 1810
* Gedoop in Kaapstad 2 Desember1810
(b = eerste generasie afstammeling)
(1 = eersgeborene, 2 = tweede gebore kind, ens)
Kommentaar