Posts Tagged ‘N1

15
Jun
09

Verkeersreëls op die N1 101

Baie mense skryf altyd wat die regte ding is om te doen op paaie en in verkeer, ek het belsuit ek gaan die teenoorgestelde doen, ek gaan bietjie voorstelle maak hoe jy jou mede motoriste warm onder die hals kan kry…

Vragmotorbestuurders

  1. Maak seker dat julle presies in spitstyd op die N1 sit;
  2. As jy nie presies spitstyd op N1 kan wees nie, maak seker jy ry so stadig dat jy net betyds by jou werk uit kom sdsodat jy kan uitclock vir die dag;
  3. Teen ‘n heuwel (spesifiek Plattekloofheuwel op N1 in die Kaap) ignoreer pad teken wat wys dat geen vragmotors in regter kant se baan toegelaat word nie en prober die ander twee vragmotors wat in middel en linker baan sit verby gaan teen 30/km uur. Jy kan dit doen, want hulle ry 10km/h stadiger as jy.
  4. Sit flikkerlig aan en wissel bane, moenie blindekolle kyk nie (dit geld ook vir Golden Arrow busse). Moenie bekomemrd wees nie, die motoris sal of uitswaai of noodstop doen;
  5. As jy bietjie meer extreme wil wees, wisselbane soner enige flikkerlig;
  6. As jy Kaapstad uitry waar daar huidiglik gewerk word aan die N1 en waar daar skaars 3 karre langs mekaar kan inpas, gee vet en jaag oor 2 bane.  Weereens, moenie bekommerd wees nie, die ander karre sal vir jou gee pad;
  7. Ry 50km/h in die vinnige baan terwyl die N1 vryvloeiend is.

Motorfietsryers

  1. Verkeersreëls geld nie vir julle nie, so moet oor niks worry nie;
  2. Jaag neet 120km/h spitstyd tussen karre deur;
  3. Moenie afslack as jy sien ‘n kar se flikkerlikg is aan en is besig om bane te verwissel nie;
  4. Gebruik karre se bonnets as steunpilaar;
  5. Ook jy kan fun hê as jy die N1 uit ry by Kaapstad.  Bane is nou en 3 karre pas nouliks langs mekaar .  So jy kan tussen karre deurdruk, handgebare gebruik as motoriste nie wil gee pad nie (nie dat hulle kan gee pad nie) En as all else fails, ry nagenoeg aan karre sodat jy hul syspieëltjies kan tref;
  6. Moenie bekommerd wees oor spoedbeprekings nie, dit is nie geldig vir motorfietse nie;
  7. Reguit strepe op ‘n pad is ook nie van toepassing op jou nie, wisselbane net soos jy wil.

Motoriste

Moenie bekommerd wees nie, ek het ‘n hele paar idees vir julle ook:

  1. Ek is ‘n leek so ek’s nie seker of BMW’s met flikkerligte uitkom nie, maar in anycase, maak nie saak watse kar jy bestuur nie, moenie flikkerligte gebruik nie, nie as jy gaan afdraai of baan verwissel nie;
  2. Ry 50 km/h op N1 in spitstyd as verkeer vryvloeiend is en jy die verkeer so op hierdie manier effens kan reguleer;
  3. Of, die ander opsie is om teen 140km/h in spitstyd te jag as verkeer effens vryvloeiend is en noodstop te doen 1km later op die motoris voor jou se gat;
  4. Moenie worry oor reguitstrepe op pad nie, ignoreer dit, gaan karre verby net waar jy wil en wisselbane net waar jy wil, ongeag of jy mag of nie;
  5. As jy ‘n ou krok van ‘n kar ry, maak seker hy breek tydens spitstyd op N1, in die middelbaan….klim uit en los hom net daar;
  6. Vleg deur karre in spitstyd, moenie bekommerd wees oor ‘safe distance’ nie.  Dis die ou voor wie jy indruk se probleem;
  7. Moenie jou ligte aanskakel as dit donker is nie, speel extreme donkerkamertjie met ander motoriste.



Verskillende dinge op die blog

Ou Goed

E-pos

 

Junie 2012
M T W T F S S
« Jul    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 4 other followers


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.