Posts Tagged ‘Piketberg

20
Aug
09

Die Troue

My ouers, Nikolas en Susan is getroud op 11 Desember 1971 in Moorreesburg 18h00 die aand, en hierdie is ‘n storie op sy eie, aangesien hulle bietjie “te modern” was vir daardie jare, en veral vir die tradisionele Swartland mense van daardie tyd.

Eerstens die bekende storie hoekom my pa Nikolas heet en nie Nicolaas heet nie. Sien, so het mens blykbaar (ek sal nie weet nie, ek’s nog nie getroud nie) mens se geboortesertifikaat nodig as jy die dag trou. My liewe vader s’n was “missing in action” dus moes my oupa Paul weer vir my pa gaan registreer, maar kon ongelukkig nie sy regte spelling vir sy naam onthou nie en registreer hom toe as Nikolas. Oupa se redenasie; dit maak mons nie saak hoe dit gespel is nie, so lank dit dieselfde klink. (Dit verduidelik dus ook waar ek my spel vermoë vandaan gekry het)

Iedergeval terug na die “omstrede troue”. Sien my ma, tot vandag toe, wil altyd anders wees, dus het sy in 1971 besluit haar troue sal pers wees, met pers rokke, pers blommerangskikkings (Agapantus vir die tafels en orgideë vir die handruikers). en selfs pers skoene. My ma se rok was lilac en haar blommemeisies se rokke pers (soos in donker pers). Al die rokke was self gemaak deur haar ma, Ouma Bettie. Ouma Bettie het wel gesorg dat die trourok darem nie te pers is nie, en sonder my ma se wete ‘n ekstra deurskynende witlaag materiaal oor die lilac pers gesit sodat die pers nie te opmerkend is nie.

By die kerk aangekom sien die “ou mense” dat die jonger gardes nie hoede aan het as hulle in die kerk is nie, en destyds in Moorreesburg was dit verskriklik. Jy MOET ‘n hoed dra as jy in die kerk is.

So nou trek ons al by ‘n pers troue en kerkgangers sonder hoede….wat kan nog gebeur?

Wel… Die predikant was J.A.J Kriek en vanaf die preekstoel het hy gewaag om vir my pa te sê “Stemmet, jy mag nooit met Susan baklei nie wat ons mense van Hopefield is baie lief vir haar.” My pa se ma, Ouma Malie, was ietwat ontstoke hieroor, want “hoe kan ‘n predikant waag om dit van ‘n preekstoel af te sê? Dis nie gepas nie”.

My Oupa Jan (my ma se pa) was ‘n baie vriendelike man en het sommer besluit om nog so paar “ekstra mense” na die onthaal te nooi. Sien, die onthaal was gehou op Wapadsvlei in die skuur en Ouma Bettie het die spyseniering gedoen, so wat maak ‘n paar “ekstra mensies” nou saak? Die gevolg van hierdie “ongenooide genooide gaste”? Daar was partytjie gehou op die plaas soos net Afrikaners partytjie kan hou. Stel dit so, daar was so partytjie gehou dat teen die tyd wat my ouers die onthaal verlaat het (en hulle is self lief vir kuier) om hul eerste aand as getroude paar in Seepunt te gaan spandeer, was hulle die eerste mense wat die troue verlaat.

En waarmee was my Oupas en Ouma’s besig tydens die troue?
* “Jou Oupa Paul was lief vir praat, so hy was seker besig om met die gaste te gesels”
* “Oupa Jan was besig om nog ekstra mense, sonder uitnodigings te nooi na die onthaal”
* “Ouma Bettie was besig om die kosse reg te kry vir die onthaal”

Ek sluit af met die wyse woorde van Ouma Malie wat sy vir my ouers gegee het die dag van hul troue: “Moet nooit kwaad saans gaan slaap nie.”

20
Aug
09

Die fandamily

My familie blog kan ook gevolg word by: http://stemmet.beta.ancestry24.com/

Ek weet maar weinig min van die Stemmet’s af, maar kom ek begin wat ek weet van die Stemmet’s, dalk is daar iemand daar buite wat kan help om die “gaps” te vul.

Kom ons begin eers by my. My naam is Elizca Stemmet. Elizca is ‘n samestelling van Elizabeth Catariena. Ek het ook ‘n broer genaamd Paul Stemmet.

My moeder is Susanna Johanna Koegelenberg en is gebore in Piketberg. Haar ma en pa was onderskeidelik Elizabeth Catariena Brand en Johannes Christiaan Koegelenberg en het destyds geboer op Wapadsvlei, ‘n Swartland plaas geleë tussen Moorreesburg en Hopefield.

Maar ek sal graag meer wil weet van die Stemmet’s, was ons ooit deel van die Voortrekkers….en nog baie meer!

My pa is Nikolas Andries Spreeth Stemmet (Ek sal in latere blog vertel hoekom die naam Nikolas is en nie Nicolaas is nie) en is gebore in Montaqu. Sy ouers was Adamus Paulus Stemmet en sy ma was Hester Alleta de Waal Spreeth, en het destyds in Wellington gebly.. Hy het 2 pare tweelingsusters (volgens my lyk hulle al 4 dieselfde) en het ook ‘n ouer broer Adolf, ook bekend as Dolf. Toe my pa in sy twintigs was het sy ouers nog ‘n dogter, Pauline aangeneem.

Ok, so dit is ‘n kort opsomming van my familie, volgende blog sal ek die “skinderstorie” vertel hoekom my pa Nikolas heet en nie Nicolaas nie.

Tot volgende keer!




Verskillende dinge op die blog

Ou Goed

E-pos

 

Junie 2012
M T W T F S S
« Jul    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 4 other followers


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.